Hierdie program is gepas vir voorskoolse en laerskool kinders. Dit kan gebruik word deur ouers, taalterapeute en remediërende onderwysers in 'n individuele sessie met die kind of in 'n klein groepie. Die program is handig om ekspressiewe taal te ontlok. Die program is komies en die prente beeld absurde situasies uit. Dit ontlok heelwat gesprek en kan gebruik word om verskeie kommunikasie doelwitte te teiken. Vrae soos: wat as...? hoekom ? wat volgende..? wat is fout en hoe kan ons dit regmaak? kan beantwoord word. Die prente kan ook gebruik word vir sinskonstruksie, woordeskat uitbreiding, artikulasie- oordrag en die stimulering van denke. Ook handig vir kreatiewe skryfwerk; die leerder kan 'n prent kies en 'n paragraaf daaroor skryf. 'n Lekker prentbeskrywingstaak. 27 bls.
top of page
R79,00Price
bottom of page
