top of page
Artikulasie: g,k,l,r,s,t - klanke (benoem die prent en kleur in!)
  • Artikulasie: g,k,l,r,s,t - klanke (benoem die prent en kleur in!)

    R55,00Price

    Artikulasie Aktiwiteite (g, k, l, r, s, t) om aan te bied as tuisprogram of te gebruik vir ekstra oefening in jou terapie sessie. Leerder soek spesifieke prentjies (klank in die begin-, middel- en eindposisies in woorde), benoem die woorde deur duidelik te artikuleer en kleur dan in. Een bladsy per klank. Ofskoon hierdie 'n artikulasie aktiwiteit is, kan dit ook handig te pas kom by die ontwikkeling van fonologiese bewustheid: ek sien met my klein ogie iets wat rym met mat (kat) of ek sien met my klein ogie 'n k-a-t (spel stadig uit en kind moet klanke saamvoeg en dan die prent identifiseer). Taal kan ook gestimuleer word deur bv. 'n woorddefinisies te verskaf en dan moet die leerder daardie prent identifiseer: ek sien met my klein ogie iets wat miaau en snorbaarde het (kat). Ek is seker julle sal met nog 'n hele klomp ander idees vorendag kom! Daar is 6 bladsye met prente en 10 bladsye om uit te druk in pdf formaat.

      bottom of page