Die ie-klank word aangebied en ingeoefen. Hierdie program is vir leerders wat reeds in die klas blootgestel is aan die ie, maar sukkel om die ie te onthou. Die leerder word uitgedaag op 'n makliker (geskik vanaf middel graad 1) en moeiliker vlak (meer geskik vir graad 2 en 3 lesers) waar woorde en sinne en twee kort stories gelees word. Heelwat aktiwiteite is ingesluit om die leerder oor en oor bloot te stel aan ie woorde met die oog op vaslegging en toepassing. Leerders met disleksia en tweede-taalleerders kan ook hierby baat vind. Die terapeut, onderwyser of ouer differensieer self. 21 bls. om uit te druk.
Die ie-klank
RÂ 66,00Price
