top of page
Klankspore 3: Lang Vokale (aa,oo,ee,uu)
  • Klankspore 3: Lang Vokale (aa,oo,ee,uu)

    R120,00Price

    Klankspore 3 is 'n program vir die leerder met leeruitdagings wat meer herhalings benodig. Die doelwit van die program is om die leerder aan die lang vokale (aa, oo, ee, uu) bloot te stel op so 'n wyse dat die leerder bekend raak daarmee en hierdie klank-kennis kan toepas in ander lees- en skryfkontekste. Die program bevat gedeeltes vir ouditiewe en visuele diskriminasie, fonologiese bewustheid, paragraaf lees, begripsvrae, lees en teken en spelling. Die program is geskik vir leerders in graad 1 (einde van die tweede en begin derde termyn), graad 2, tweede taal leerders en ouer leerders wat steeds onseker is oor hierdie klanke. Die program is veral geskik vir terapeutiese bemoeienis een tot een of in 'n klein groep waar die terapeut of remediĆ«rende onderwyser deurgaans as fassiliteerder beskikbaar is. Sommige gedeeltes kan as tuisprogram huis toe gestuur word. Geniet die program!

      bottom of page