Prenteboekies vir Artikulasie: die "f" klank (f en v letters)
R85,00Price
Nou opgedateer (nuwe voorblad, duideliker prente, 'n groter verskeidenheid en 'n tiklys). 'n Basiese prenteboekie vir die vaslegging van die /f/ klank in die begin-, middel- en eindposisies (insluitend medeklinker-kombinasies). 210 prente (vier prente per bladsy). 69 bladsye om uit te druk. Hierdie program verskaf nie aktiwiteite nie, maar is eerder 'n prente-woordeboek om te gebruik as jy terapie verskaf vir die /f/ klank. Baie handig in terapie saam met gubsteling speletjies of gebruik gedeeltes daarvan as 'n tuisprogram (kies en knip 'n paar kaarte uit in blokkies, "staple" vas aanmekaar vir 'n mini-boekie; kinders hou dikwels daarvan om hul mini-boekies huis toe te neem en te oefen!).
